Sunday, November 9, 2008

FND Fietsvervoer


Sukkel jy om jou fiets te vervoer na 'n groot wedren aan die ander kant van die land? Werk jou fiets nooit weer 100% nadat jy hom amper heeltemal moes oorbou by jou bestemming nie? Vind jy dit moeilik om te vlieg met jou fiets?

Al jou probleme is tot 'n einde!!!

Met FND fietsvervoer word die moeite in 'n gemaklike glimlag omskep wanner jy weer inskryf vir jou volgende groot wedren!

FND fietsvervoer is gestig deur Francois Nel en Hein Coetzee, twee jong besigheids manne wat wil doen waarvan hulle hou en hulle werk wil geniet!!! Hulle is mal oor enigiets wat oor twee wiele gaan!

SPESIALE AANBOD!!!! Tans het FND 'n spesiale aanbod wat hulle laas week bekend gestel het. Vir die 2009 Pick & Pay Cape Argus sal FND jou fiets by jou huis kom oplaai en hom vir jou by die expo in die Kaap gereed hou vir die wedren. Na die wedren teken jy net weer jou fiets in en FND gaan laai hom in die volgende week weer by jou deur af!!!

Dit alles teen die ongelooflike goedkoop prys van slegs R499 per fiets!!!!!
Daar is beperkte plekke beskikbaar so bespreek jou plek vandag!!!

Vir meer inligting oor FND en nog dienste wat hulle lewer klik hier

-Alles Fiets-

Monday, October 27, 2008

Braamfontein Spruit word beveilig

Die Randburg polisie eenheid het 'n nuwe projek by die horings gepak. Na 'n hele paar aanvalle en fietse wat gesteel is op die gewilde Braamfonteinspruit fiets roete, het die polisie 'n bergfiets eenheid gestig om die gebied te patroleer.

Die polisie se bergfiets eenheid het die naweek twee suksesvolle patrollies gedoen onder leiding van Hein van Heerden en James Swann.

Op Woensdag 22 Oktober was die hele gebied tussen die N1 en Peter Place gepatroleer. Menigde alleenlopendes was geondervra en deursoek, maar niemand was gearisteer nie.

Op Saterdag 25 Oktober is daar wel 13 mense in hegtenis geneem. Meeste van hierdie mense wat in hegtenis geneem is, was onwettige immigrante gewees. Een van hierdie mans was wel in hegtenis geneem in verband met 'n rooftog wat plaasgevind het op hierdie roete waarin daar 'n fiets gesteel is.

Hierdie is 'n fantastiese begin vir die polisie en kan net positief voortbou hier op.

Mense van die publiek word gevra om asb. 'n saak te gaan maak by die Randburg polisie stasie of Sandton se polisie stasie as hulle deel was van 'n rooftog of selfs net 'n poging tot 'n rooftog.

Vir enige informasie wat die polisie kan help, of om 'n voorval aan te meld, skakel gerus Inspekteer Van Heerden of Swann by 011 - 4499 000

-Alles Fiets-

Wednesday, October 22, 2008

Silverback Nabraska - Verlaagde Prys

























Silverback Nabraska (M)


Manitou Slate voorste vurk
Maxxis larsen TT buitebande
Hollowtech Tandratte
Juicy 3 skyfremme
Amoeba Carbon Handvatsel
DeoreXT Agterste Skuifspoor
Gereedskap sakkie
Cateye spoedmeter
Shimano inklik trappe

R3800.00


Kontak Hein:
083 4611 541
heinc46@gmail.com