Monday, September 22, 2008

Lange wen OUTride in Pretoria op 21 September 2008

Van vroeg die oggend af was daar baie mense wat die yskoue wind van Pretoria aangedurf het om deel te neem aan OUTsurance se OUTride. Die roete was 'n sirkel roete van 10 km om die unigebou van Pretoria in die middestad.

Die hoof wedren van die dag het eers 11 uur begin na die ergste koue reeds weg was, maar ongelukkig wou die wind nie saam met die koue weg gaan nie. Lange en White het van die begin af baie agresief gery. White wat 'n bobaas ryer in die wind is, het dit tot sy voordeel gebruik met al sy aanvalle. Hy het uiteindelik die regte beweging weg gekry met Lange teenwoordig. Lange en White wat vir MTN ry en Akilu wat vir die African Continental fietsryspan ry het na 40km weg gebreek van die res van die peleton af. Daarna het die drie baie hard gedryf om die breek te laat werk. Lange was eerste oor die wenstreep met 'n baie sterk fietsry vertoning met Akilu tweede en White derde. White was beloon vir sy harde werk deur twee koning van die berge te wen.

In die vroue afdeling het Lizanne Naude en haar spanmaat Elzette Visagie wat altwee vir die Toyota CycleLab span het in die middel van hulle wedren weg gery en maklik eerste en tweede plek gekry. Aurelia Halbwachs het derde plek gekry en Elsa Karsten 'n welverdiende terugkeer vierde plek.

Elite mans 77km:
1. Malcolm Lange (MTN) 1:46.19
2. Goitom Akilu (ACCC)
3. Nicholas White (MTN)
4. Hanco Kachelhoffer (House of Paint)
5. Denis van Niekerk (Konica Minolta)
6. Nolan Hoffman (Neotel)
7. Shaun Davel (Amore & Vita)
8. James Perry (Neotel)

Elite Vroue 77km:
1. Lizanne Naude 2:06.27
2. Elzette Visagie
3. Aurelia Halbwachs
4. Elsa Karsten
5. Jade Roberts
6. Charlotte van der Merwe

- Alles Fiets -

No comments: