Thursday, September 18, 2008

Groenkloof Natuur Reservaat - Pretoria

Groenkloof Natuur Reservaat is slegs 5km van die Pretoria se middestad, maar as jy eers binne in die reservaat is vergeet jy sommer dadelik dat jy eintlik in die middel van een van Suid-Afrika se besigste stede is.

Die geskiedenis van Groenkloof Natuur Reservaat gaan so ver terug as 1895. In 1895 het presedent Paul Kruger die gebied as 'n wilds reservaat geproklameer. Dit was ook die eerste stuk land wat as 'n wild reservaat geproklameer was op die Afrika kontinent. In 1994 het die reservaat deel geword van die natuur bewaring en ook deel van die vakansie oorde onder die Tswane Munisipaliteit. In 1999 is daar weer wild in die reservaat vrygestel. Van die soorte wat hier vrygelaat is is onder meer Rooibok, Kudu, Blou Wildebees en Volstruis. In 2002 is daar Kameelperde en Rooi Hartebeeste bygevoeg en 'n jaar later Zebras.
Die hele reservaat is oortrek met fietsry roetes wat goed aangedui word deur bordjies met fitsryers op. Daar is roetes wat vir enige sterkte fietsryer gemaklik sal wees. Dit is wat dit so lekker maak om hier fiets te ry, want jy kan die hele familie saam bring om 'n lekker dag "buite" die stad se gejaag te geniet. Binne in die reservaat is jou motor veilig en kan jy op jou gemak die roetes gaan geniet.

In 2007 het hulle die fiets roetes opgegradeer en het baie enkel paadjies ingebring wat tussen die bome en bosse deur gaan waar jy nie gewoonlik met jou fiets kon gery het nie. Dit beteken dat jy baie meer wild sien terwyl jy op jou fiets is as gewoonlik. Dit bring 'n hele nuwe avontuur in jou fietsry geleentheid in.

Daar is van die roetes wat net deur fietsryers gery kan word wat al redelik ervare is, maar daar is altyd 'n paadjie wat jy kan gebruik om om die moeilikke dele te ry, so jy kan heeltyd redelik naby jou gesin wees en die wild saam geniet. Die roetes wissel van 5km tot en met oor die 50km as jy al die paadjies binne die reservaat ry.


Onthou om bietjie hout en 'n vleisie of 'n piekniek mandjie saam te vat om onder die groot bome by die parkeer terein te braai en kuier as julle klaar gery het.

Groenkloof natuur reservaat bied ook 'n 4x4 roete asook 'n roete wat jy met jou eie motor kan ry deur die reservaat om vir diere te gaan kyk. Daar is ook 'n jeugkamp wat tussen 30 en 50 kinders kan huisves.



Kontak besonderhede:
(besprekings slegs nodig vir mense wat wil oornag)
Telefoon nommer: +27 (0) 12 440 8316/ +27 (0) 12 341 0591
Faks nommer: +27 (0) 12 341 0483
e-pos: davidb@tshwane.gov.za

Vir verblyf in Pretoria klik hier
Adres:
Groenkloof Natuur Reservaat
Posbus 1454
Pretoria 0001

No comments: