Friday, September 19, 2008

GAAN GROEN - Ry fiets werk toe


Al ooit gedink om werk toe te ry met 'n fiets aangesien die petrolprys die wolke in geskiet het? Lekker vars lug in die oggend in te asem terwyl jy vriendelik waai vir die ander fietsryers op die pad. Of jy lekker gemaklik verby al die motoriste beweeg wat vassit in die verkeer en wat al hoe kwater word terwyl jy sonder 'n probleempie verby hulle trap terwyl jy na jou radiotjie in jou oor luister na die nuutste oggend grappie.

Alles klink fantasties totdat jy die groot bult hier voor jou sien wat jy moet oor ry om by die werk uit te kom, of totdat jy agter kom dat die laaste keer wat jy fietsgery het was 20 jaar terug op skool gewees en dat jy nie meer so fiks is nie, en dan laat gaan jy sommer dadelik jou gedagtes om met die fiets werk toe te ry....

Tot nou.... Ek stel bekend een van die beste uitvindsels wat ek nog tee gekom het, die Ezeebike. Die Ezeebike lyk soos enige normale twee wiel fiets behalwe dat hy 'n geheime wapen het. Hierdie oulike fiets het 'n klein elektriese motortjie in wat sy krag stoor in 'n klein battery stelsel en ook 'n maklik om te werk handvatsel wat gedraai moet word om voorentoe te beweeg. Hierdie fiets kan ook enige tyd net soos 'n gewone fiets getrap word deur die motortjie af te skakel, so dit vat nie die gesonheidsfaktor weg nie.

Jy het geen lisensie nodig om die fiets te bestuur nie, so enige iemand mag met hom ry. Die Ezeebike is amper doodstil as die motortjie aan is, so jy kan hom glad nie hoor nie. Wat nog meer fantasties is, is dat hy geensins bydrae tot die besoedeling van die aarde nie.

Vir meer inligting oor Ezeebike in Suid-Afrika, klik hier.

No comments: