Monday, September 29, 2008

Malcolm maak dit 2 in 'n ry!!!

Malcolm Lange van die MTN beroepsfietsryspan het die naweek dit twee in 'n ry gamaak nadat hy die Campus2Campus fietswedren by die Unoversiteit van die Vaaldriehoek gewen het.

Op hierdie winderige dag het Lange sy mede naelryers 'n skoon paar hakke gewys toe hy maklik eerste oor die wenstreep gejaag het. Die eerste breek van die dag het slegs na 12km gekom. Daarna het die wedren baie warm geword en uiteindelik is daar 30 ryers wat weg gekom het en tot by die einde weg gebly het.

Nicholas White, Lange se spanmaat het weer baie aggresief gery. Hy was omtrent in elke een van die bewegings van die dag. Dit was ook White wat oorgegee het aan Ian Mcleod in die laaste 500m om seker te maak hy gee vir Lange oor met 'n skoon pad voor hom.

Arron Brown (House of Paint) was tweede en Juan van Heerden, wat ook vir die MTN span ry het die podium afgerond in derde plek.

In die vroue wedren was dit Lizanne Naude (Toyota Cycle Lab SuperCycling) wat as wenner weggestap het met Lisa Vermaak in tweede plek en Elzette Visagie in derde plek. Lizanne Naude het ook die Koningin van die berge gewen.

Hierdie wedren raak net elke jaar sterker en het hierdie jaar net so bietjie meer as 1400 inskrywings gehad. Met sulke goeie getalle gaan dit nog moontlik een van die groter wedrenne word in Suid-Afrika. -Alles Fiets-

No comments: