Tuesday, September 30, 2008

Fietsry uit 'n ander oogpunt met die Schwinn Sierra Tandem

As jy aan fietse en fietsry dink is ek seker dat Schwinn nie een van die eerste name is wat in jou gedagtes opgekom het nie.

Schwinn, wat van Amerika afkom, is een van die mees onderskatte fietse in Suid-Afrika. Baie mense weet nie eers van die maak nie. Schwinn bestaan al vir 113 jaar lank en gaan nie uit om die mooiste, ligste en beste fiets te vervaardig nie. By Schwinn gaan dit absoluut oor die passie van fietse. Vir die mense by Schwinn gaan dit oor die genot wat mense kry deur hulle Schwinn te ry. Dit is hoe dit was 113 jaar gelede en dit is hoe dit nogsteeds is vandag. Hierdie is die tipe mense wat mal is oor die reuk van ketting olie en wat sommer hoendervleis kry oor die geluid wat die vrywiel maak as jy ophou trap in die straat.
Dalk soek jy iets om saam met jou man of vrou te doen vir lekker ontspanning maar weet nie wat dit dalk mag wees nie. Julle het gedink aan fietsry, maar jou vrou is te bang dat sy jou gaan terug hou en jy is dalk bang dat jy sonder dat jy bewus is daarvan haar gaan agterlaat. Hoekom ry julle nie saam op een fiets nie....?
Ek het vandag op hierdie klein juweel van 'n fiets afgekom. Die Schwinn Sierra Tandem in die foto is die 2009 model. Dit moet die bes geprysde tandem wees op die mark vandag. Die 2009 model gaan vir net so oor die R10 000 verkoop, wat baie goedkoper is as enige van sy mede kompetisie.
'n Paar hoogtepunte is dat die raam uit aluminium gemaak is en ontwerp is vir gemak. Ander hoogte punte is die RST Gila Pro 80mm voorste skokbreker, SRAM 24 spoed ratte, Hayes MX-4 Meganiese skuifremme voor en agter asook die gemak-ontwerp van die sale met die skokbreker saalpen vir die agterste ryer. Hierdie fiets is perfek vir die vir naweek ritte in die woonbuurt.
Sou jy bietjie meer waaghalsig wees, kan jy gerus die bande afhaal en ordentlike bergfiets bande opsit en pedale wat in klik in jou fietsry skoene kry. Dan sal jy sommer voor jy weet lekker aan enige bergfietswedren kan deelneem.
Doen iets anders hierdie vakansie, en doen dit op die Schwinn Sierra Tandem.
Vir meer inligting oor die gemaklike fietse van Schwinn klik hier.
-Alles Fiets-

No comments: