Wednesday, September 3, 2008

Plekke om te gaan ry - Clarens

Clarens is 'n klein dorpie in die Oos Vrystaat naby die Golden Gate. Hierdie toeriste aantreklikheid is die eerste "Proudly South African" dorp en is baie gewild onder mense wat hou van die natuur, buite lewe en mense wat sommer net bietjie wil wegbreek uit die stad uit. Minders as 3 ure se ry vanaf Pretoria en Johannesburg maak hierdie 'n populêre wegbreek bestemming vir die hele gisin. Met 'n wye keuse van bed en ontbyt, vakansie oorde en kamp fasiliteite in die nabye omgewing is daar verblyf wat enige persoon se sak sal pas. Vir 'n unieke fietsry geleentheid is hierdie defenitief een van my gunstelling bestemmings om net bietjie weg te breek uit die gejaagde lewe van die stad.

Maak net seker dat jy die belangrikste benodighede saam met jou vat as jy in Clarens se omgewing gaan fietsry. Sorg dat jy genoeg vloeistof en ietsie om te eet saam vat (veral in die somer), die ‘altydbelangrike’ ekstra binneband en pomp/co2 bommetjie.

Moet nooit alleen gaan ry nie, 'n mens weet nooit wat kan met jou om die volgende draai gebeur nie. Ek was net na die winter van 2007 in Clarens gewees en het dit ongelooflik baie geniet om op al die nuwe paadjies rond te ry wat ek nie ken nie. Ons het baie wild gesien, soos Zebra’s, Jakkalse, Arende ens.

Wat Clarens 'n lekker bestemming maak vir fietsry is dat jy jou ou bergfiets in die stoortjie kan afstof en die honderde verskillende bergpaadjies aan die voet van die Drakensberge net soveel kan geniet soos die persoon wet met sy dun wiel resies perd verby Golden Gate gaan ry om die wonderlike natuur te bewonder.

Ek raai julle sterk aan om 'n klein kammeratjie in te pak as dit moontlik is en bietjie van julle onvergeetlikke herinneringe vas te vang om as jy terug is in die gejaagte lewe van die stad, ietsie het om te onthou.
As julle sukkel om plekke te vind om te ry en dalk moontlik verdwaal, vra gerus van die vriendelike plaaslike inwoners van Clarens om julle in die regte rigting in te wys.

Na 'n lekker lang fietsrit, raai ek julle gerus aan om enige van Clarens se vele koffie winkels te ondersteun en bietjie van jou kragte te herwin. Vir die van julle wat soos ek is, en 'n baie soet tand het en nooit net 'n koppie koffie kan drink nie en ietsie moet saam eet, kan julle gerus 'n “klein” snytjie koek of tert geniet.

Ek hoop julle geniet die wegbreek na een van ons land se klein juweeltjies net so baie soos ek dit geniet het en dat julle iets saam sal vat huistoe wat julle vir altyd sal onthou.
Klik hier vir verblyf in Clarens.