Monday, September 8, 2008

Plekke om te gaan ry - Newcastle - Donkiespas

So 25km buite Newcastle in die noorde van Natal is daar besig om groot dinge te gebeur. Dunblane is ‘n groot nuwe gholf landgoed wat besig is om ontwikkel te word aan die voet van Donkiespas. Op hierdie stadium is dit ‘n groot gewerskaf met al die konstruksie wat in die omgewing aan die gang is, die konstruksie sal min of meer teen die einde van 2009 klaar wees.

Daar word elke jaar in Augustus ‘n bergfiets wedren gehou by Donkiespas, wat elke jaar net groter en groter word. Met meer prys geld en groter borge wat vorentoe kom, word dit ‘n lekker uitstappie vir die hele familie. Saam met die bergfietswedren word daar ook ‘n Donkiespas hardloop wedren aangebied die Saterdag. Die Sondagoggend vroeg kan jy met jou 4x4 (def een nodig) saam met ander mense wat die natuur geniet, met Donkiespas tot bo op die berg ry en met ‘n piekniekmandjie vir die sonsopgang kyk.

Donkiespas is ‘n ongelooflike mooi area om in rond te ry met jou bergfiets. Afgesien van die pas self (en die bestes van die bestes sukkel om hom uit te ry sonder om te stoot) en die asemrowende uitsig van bo af, is daar ‘n hele paar denne plantasies met enkelpaadjies wat ‘n mens op kan ry. Dit is ‘n baie lekker uitstappie vir die hele gesin om daar te gaan rondspeel met die bergfietse.

Newcastle is een van die mooiste dorpies in die Noorde van Natal. Daar is ongelooflik baie paadjies om te gaan ry met ‘n bergfiets of ‘n padfiets. Weet net as jy besluit om daarheen te gaan, gaan jy definitief genoeg oefening op bulte kry. Met Amajuba pas, Botha’s pas en Tierkloof is daar oorgenoeg opwindende roetes vir jou en jou padfiets, en met so baie passe vir die padfiets kan jy jouself net indink hoe baie bergfietspaadjies daar is.
Vir meer inligting oor verlyf in en rondom Newcastle, klik hier.

Vir meer inligting oor die roetes in en om Newcastle en Donkiespas skakel gerus die einaar van die plaaslikke fietswinkel :

Chris vd Linde
Triathlon Cycles
Selfoon: 082 417 0303
Telefoon: 034 315 4055
Faks: 034 312 1226

No comments: