Wednesday, October 15, 2008

Logwood

Is jy alewig opsoek na 'n veilige plek om met jou bergfiets te gaan ry, maar weet nie altyd waar om te gaan ry nie, en ook nie hoe veilig dit vir jou gaan wees nie.

Die "Logwood Bike Haven" is sentraal gelee tussen Johannesburg en Pretoria in Gauteng. Logwood is 'n gesellige fietsry plek wat bestaan uit enkelpaadjies vir ALMAL. Daar is roetes vir die beginner reg deur tot vir die professionele fietsryer. Logwood is veilig omhein so dus is dit veilig vir die hele gesin om daar te gaan fietsry asook veilige parkeering vir jou motor. Lekker groot bome waar jy kan piekniek hou of as jy die gasbraaier inpak kan jy sommer 'n lekker vleisie op die kole (of gas) gooi.

Logwood se roetes word in drie geklasifiseer. Eerstens kry jy die groen roetes wat vir die beginner is. Hierdie roetes is geskik vir die bergfiets beginner, kinders en vrouens. Tweedens kry jy die blou roetes. Die blou roetes is goed vir al die fietsryers wat al 'n hele rukkie lank fietsry en vertroud is met sy vaardighede op die die fiets. Daar is so hier en daar op die blou roetes ietsie moeilik ingegooi wat jou vermoe sal toets. Laastens kry jy die swart roetes. Die swart roetes is bedoel vir die mense wat glad nie bang is vir enigeiets wat 'n fietsroete in jou rigting kan gooi nie. Hierdie roete word nie eers aan beveel vir professionele fietsryers nie, maar meer vir fietsryers wat belangstel in Vryfietsry.

Dit kos slegs R50 per persoon vir die hele dag se genot by Logwood. Hierdie geld word reguit terug gesit om die roetes te onderhou en seker te maak dat alles in goeie ry kondisie is.

Met al hoe meer uitbreidings en nuwe huise wat gebou word, word die plekke om te gaan fietsry al hoe minder in Gauteng. Hierdie is def een van die fietsry plekke wat gaan bly!

Onthou!!! Geen valhelm, geen toegang.

-Alles Fiets-

No comments: