
Die polisie se bergfiets eenheid het die naweek twee suksesvolle patrollies gedoen onder leiding van Hein van Heerden en James Swann.
Op Woensdag 22 Oktober was die hele gebied tussen die N1 en Peter Place gepatroleer. Menigde alleenlopendes was geondervra en deursoek, maar niemand was gearisteer nie.
Op Saterdag 25 Oktober is daar wel 13 mense in hegtenis geneem. Meeste van hierdie mense wat in hegtenis geneem is, was onwettige immigrante gewees. Een van hierdie mans was wel in hegtenis geneem in verband met 'n rooftog wat plaasgevind het op hierdie roete waarin daar 'n fiets gesteel is.
Hierdie is 'n fantastiese begin vir die polisie en kan net positief voortbou hier op.
Mense van die publiek word gevra om asb. 'n saak te gaan maak by die Randburg polisie stasie of Sandton se polisie stasie as hulle deel was van 'n rooftog of selfs net 'n poging tot 'n rooftog.
Vir enige informasie wat die polisie kan help, of om 'n voorval aan te meld, skakel gerus Inspekteer Van Heerden of Swann by 011 - 4499 000
-Alles Fiets-
No comments:
Post a Comment