Wednesday, October 8, 2008

Ride Crater Cruise Bergfietswedren - Saterdag 11 Oktober 2008

Hierdie naweek is dit weer Suid-Afrika se grootste bergfietswedren wat gaan plaasvind in Parys, in die Vrystaat. Menigde fietsryers van reg oor die land kom na Parys toe om 'n hele naweek saam met die familie te geniet.
Die verigtinge skop af Vrydag middag 16:00 met 'n kettie-skiet-bergfietswedren. Dit mag dalk vreemd klink, maar dit is iets wat baie uniek is aan die Crater Cruise. Hier gaan dit nie oor wie die fikste en beste fietsryer is nie, maar ook wie die beste kan korrel met 'n kettie. Die wedren is 6 rontes lank van 1.5km elk en na elke ronte is daar ook 'n teiken wat geskiet moet word met 'n kettie. Hierdie teiken is 200mm groot en staan 5m weg. Die persoon wat eerste al 6 rontes voltooi het en ook al 6 teikens raak geskiet het, is die wenner.
Saterdag oggend 7:30 is dit die hoof wedren van die naweek. Dit is die 101km Ride Crater Cruise. Hierdie jaar gaan baie opwindend wees met 'n nuwe 7km stukkie "jeep track" wat langs die revier in gesit is. Dit is juis hierdie wedren wat die land se voorste bergfietsryers asook die land se beste padfietsryers lok om te kyk of hulle nie kan deel aan die R220 000 prysgeld nie.
In die geskiedenis van hierdie wedren kon 'n padfietsryer nog nooit die boonste trappie van die podium haal nie. Gaan dit hierdie jaar gebeur?
Vir die mense wat nie gewoonlik so ver ry met 'n bergfiets nie, is daar Saterdag 8:00 'n lekker kort wedren wat strek oor 28km. Hierdie is 'n maklike roete vir die vroue en kinders wat die naweek saam gekom het om bietjie uit die gejaagte lewe van die stad te ontsnap.
Om 8:15 op Saterdag is daar 'n Petit Cruise vir al ons voorste fietsryers wat ons gaan verteenwoordig in die jare wat nog kom. Kinders jonger as ses jaar mag deur 'n volwassene vergesel word.
Saterdag middag is daar 'n groter Kettie-skiet-bergfietswedren, wat ook gehou word oor 6 rontes, maar die keer is die teiken van 200mm 'n volle 8m ver weg. Hier gaan mooi korrel vat na die 101km wedren van die oggend as jy wil goed doen in die wedren.
Sondag skop lekker vroeg af met 'n 28km wedren vir di gene wat nie so sterk voel nie. Dit word gevolg om 8:00 deur die 56km Crater Cruise, wat 'n groot deel van die lang resies se wedren volg.
Hierdie gaan 'n lekker besige fietsry naweek wees en almal word hartlik uitgenooi om saam te kom deel in die pret.
Vir verblyf in Parys klik hier.
Vir meer nligting oor die Ride Crater Cruise klik hier.

No comments: