Monday, October 13, 2008

"Local" is lekker by die Crater Cruise

In die grootste bergfiets werdren van Suid-Afrika, was dit weereens die bergfiets ryers wat die padfietsryers ore aangesit het. Daar is voor die wedren voorspel, dat die fietsryer wat nie ‘n lekband of meganiese probleme gaan kry nie, die wenner van die dag sal wees.

Dit is ook presies hoe dit uitgewerk het. Ben Melt Swannepoel, Manie Heymans, Kevin Evans, David George en Burry Stander was al in ‘n breek gewees nog voordat hulle die 60km merk gehaal het. Stander, een van die gunstelinge, se kanse het maar skraal gelyk om te wen aangesien al vier die ander ryers vir die MTN span ry.

Kort voor lank het George se ratte ophou werk en hy kon nie die wedren klaar maak nie. ‘n Kort rukkie daarna is Heymans se wedren ook gekelder deur ‘n meganiese fout. Geluk het gelyk of dit aan Stander se kant was, met twee van die MTN ryers wat moes ophou jaag. 7km Van die einde af waar Stander die ander twee kon ore aansit op ‘n tegniese deel he thy egter ‘n papwiel gekry en kon hom nie regmaak nie. Stander het sonder sy voorband tot by die einde gery en kon darem nog vasklou aan ‘n welverdiende 3de plek.

Swannepoel, wie se ouers in die omgewing boer, was eerste oor die wenstreep gewees, gevolg deur sy span maat Evans.

Die hoof storie van die dag het in die vroue wedren gebeur. Yolandi du Toit is van haar bergfiets afgestamp deur ‘n rooibok en het in die hospital opgeeindig. Sy het ‘n klein bietjie harsingskudding, maar darem niks bene gebreek nie.

Die vroue wedren is gewen deur Yolandé Speedy, wat gevolg is deur Carla Rowly van die MTN span in tweede plek.

-Alles Fiets-

No comments: